top of page
Kruger LR-129 (Medium).jpg

1-2-3-Leesreeks

Hierdie geloof-gebaseerde reeks is ideaal vir

Graad 1 en 2 maats wat al self kan lees of vir voorskoolse

maats tydens voorlesing. Die boekies bevat elkeen

unieke aktiwiteite wat ouers, grootouers,

onderwysers en terapeute saam met die kinders kan

doen. Kinders leer die beste as hulle self konsepte

kan beleef en dit is presies wat die 1-2-3-Leesreeks

bied.

Boekies in die reeks

1. Anna Akkedis

2. Henri Hasie en Leo Leeu

3. Miandri Mier

4. Daniël Dinosourus

5. Die bytjie se dag

6. Dis Kersfees in Suid-Afrika

  • Facebook
  • Instagram

Marelie Engelbrecht

Marelie Engelbrecht was vir meer as tien jaar betrokke by kleuteronderwys en het gesien dat daar 'n behoefte is aan boekies wat handel oor konsepte wat kinders in die skool aanleer. Sy glo ook dat kinders leer deur te speel en met die reeks het sy aktiwiteite in die boekies ingewerk om seker te maak dat die konsepte in die boek deur die kind ontdek en beleef kan word. Die boekies is ook deel van Marelie se passie om kinders te inspireer om na Jesus te soek in elke dag se doen en late.

bottom of page